Beweging van Onverbonde Lande

Die Beweging van Onverbonde Lande (BOL; Engels: Non-Aligned Movement, NAM; Serwo-Kroaties: Pokret nesvrstanih; Frans: Mouvement des non-alignés, NAM; Spaans: Movimiento de Países No Alineados, MPNA; Portugees: Movimento Não-Alinhado, MNA) is 'n internasionale organisasie van lande, wat nie tot 'n militêre alliansie behoort nie en tydens die Koue Oorlog neutraal was. Die stigting van die organisasie is geïnisieer deur die Joego-Slawiese president Josip Broz Tito, die Egiptiese staatshoof Gamal Abdel Nasser, Ghana se eerste president Kwame Nkrumah, die Indiese eerste minister Jawaharlal Nehru en die Indonesiese president Sukarno. Dit is tydens 'n vergadering in Belgrado in 1961 gestig en later het talle lande van Afrika en Asië by die Beweging aangesluit. Die doelwitte is die gelykheid tussen die lande en 'n positiewe ekonomiese ontwikkeling van die lidlande.

Lande van die Bandung-konferenise in 1955
██ Lidlande ██ Waarnemende lande

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search